Ek en Liefie het ‘n rukkie terug die pad gevat. Hier is enkele fotos. Kliek op die fototjies in die inskrywing om groter weergawes te sien.
Die pad het lank voor ons gelĂȘ en ons het vroegoggend in die pad geval. Die byt in die koue lug was verdryf deur ‘n koppie stomende koffie uit die vakuumfles.
Die son steek sy kop agter die wolke uit.
Die wiele sing oor die pad en hierdie bord verwelkom ons in die Noord-Kaap.
Mens kan ook nie net ry nie. Die Lente Kafee in Olifantshoek.
‘n Donkiekarretjie in Keimoes se hoofstraat.
Die Oranjerivier wat ons oorgesteek het oppad na Skanskop-eiland.
‘n Waterwiel in die kanaal by Kakamas.
Nog fotos van die rivier in die Augrabies Nasionale Park.
‘n Groot klip naby die Augrabies watervalle.
Stellie oppad na die “maanrots” toe.
My keel is droog en ek sluk ‘n bier af.
In die omgewing van Pofadder is daar baie van hierdie enorme hope klippe.
‘n Dam water in die middel van die pad wat na Goodhouse toe gaan.
Miswolke naby Olifantshoek oppad terug.













