Ek en Liefie het ‘n rukkie terug die pad gevat. Hier is enkele fotos. Kliek op die fototjies in die inskrywing om groter weergawes te sien.
Die pad het lank voor ons gelê en ons het vroegoggend in die pad geval. Die byt in die koue lug was verdryf deur ‘n koppie stomende koffie uit die vakuumfles.
Die son steek sy kop agter die wolke uit.
Die wiele sing oor die pad en hierdie bord verwelkom ons in die Noord-Kaap.
Mens kan ook nie net ry nie. Die Lente Kafee in Olifantshoek.
‘n Donkiekarretjie in Keimoes se hoofstraat.
Die Oranjerivier wat ons oorgesteek het oppad na Skanskop-eiland.
‘n Waterwiel in die kanaal by Kakamas.
Nog fotos van die rivier in die Augrabies Nasionale Park.
‘n Groot klip naby die Augrabies watervalle.
Stellie oppad na die “maanrots” toe.
My keel is droog en ek sluk ‘n bier af.
In die omgewing van Pofadder is daar baie van hierdie enorme hope klippe.
‘n Dam water in die middel van die pad wat na Goodhouse toe gaan.
Miswolke naby Olifantshoek oppad terug.











Related Articles
5 users responded in this post
Hoe verlang ek nou na daardie wêreld. Ons is lief om Upington toe te gaan en dan besoek ons gewoonlik al daai plekke oor en oor en oor… Die kontras tussen ons Bome en hulle Klippe is ‘n belewenis… Wat my natuurlik die meeste fasineer is die versamelvoëlneste van daardie wêreld!
Dit is die kontraste in ons mooi land wat dit so ‘n baie pragtige en interessante plek maak. Jy moet onthou as jy in daai rigting ry dan koop jy by Wolmaransstad biltong en die lekkerste droëwors in die land koop mens by “Skaapland” in Upington.
Die versamelvoëlneste was baie dun gesaai. Gewoonlik het mens dit al net anderkant Vryburg in groot getalle gesien, maar die slag was hulle baie skaars.
Nou praat jy Wolfie, ons maak ons kinders groot op Henk se droëwors man!!! Skaapland bo!!!
[...] 1. Die Wolf ry moer ver. [...]
Pragtige fotos. Julle hou van travel!!!
Leave A Reply