Slegsafrikaans.com werk amper soos Digg. Maar dit is slegs vir Afrikaanse blogs. Indien jy ‘n inskrywing iewers raakgelees het, voeg ‘n kort opsomming of uittreksel by. Of sommer jou eie. Of kliek op die sterretjies om te stem vir ‘n inskrywing.
Indien jy ‘n voorheen ‘n gebruikersnaam geregistreer het, sal jy dit ongelukkig weer moet doen aangesien ek die databasis verander het.
Ek werk nog aan AFBot, die vriendelike programmetjie wat sommer self ‘n uittreksel sal byvoeg as jy hom laat weet van jou nuwe inskrywing by jou blog. Gemorspos duik orals op en ek wil nie hê dat AFBot die hele webtuiste vol “Viagra” en “Casino” advertensies moet plaas wat die flippen spammers aan hom gestuur het nie.


Related Articles
11 users responded in this post
Dit klink goed, gaan gou kyk. BTW - ek het my nou amper van die stoel af gelag vir jou comment aan JC op Gormendizer. Ongelooflik skerp Wolf. Ek staan op aandag!
Ek sien ek kry nogal lekker baie verkeer van Slegsafrikaans af. Thanks!
Hmm…hoe sal dit verskil van http://www.blik.co.za ?
Mmmm, ja die verskil van http://www.blik.co.za lê in AFBot. AFBot praat Afrikaans. AFBot ontleed, analiseer en spoeg alles wat nie in Afrikaans geskryf is nie, eenkant toe. AFbot is slim. AFBot snuffel rond. AFBot se eintlike doel is om op sy eie te werk, met die minimum, of verkieslik geen, menslike interaksie.
Want soos die Engelse sê, AFBot kan “multi task”. Pligg is die baarmoeder waarin AFBot besig is om te groei.
Mmm, dalk is AFBot ‘n “sy”
Ek het ook slegsafrikaans opgespoor oor die verkeer wat dit ne my blog toe gebring het. Ek dink dis way cool en kan nie wag vir AFBot nie.
Lekker dinge wat jy doen
Eintlik al waaroor AFBot nog struikel is multimedia wat geplaas is in inskrywings, maar ek werk daaraan.
ek bly maar by Blik vir die oomblik, die mens wat daar post is mos famous.
Ah, ek sien. Interessante konsep wat jy daar beet het. Sterkte! Ek hoop jy kry haar flink om die multimedia
Jy moet ons tog laat weet as AFBot reg is en sommer vir ons minder tegnologiese wesens vertel hoe om vir AFBot te laat weet van ‘n nuwe inskrywing.
Dit is oulik, ek is daar! Ek hou van die ontwerp ook.
Ek wou jou nog vra…ek is tegnologies baie gestremd. Is jy die administreerder Afbot? Of hoe werk dit/’n nuwe inskrywing? Ek het dit darem reggekry om al een in te stuur waarvan ek gehou het. Thanks.
Leave A Reply