OK, eers die slegte nuus. Die volgende persone en organisasies word onmiddelik in die pad gesteek. Geen donasie of hulp sal vir ‘n minuut langer aan hulle verskaf word nie. In geen spesifieke volgorde nie.
1. Die karwag. Jy trek mos jou neus op vir R2. Wel, fok jou, asshole! Trek van nou af jou neus op vir niks, want jy gaan fokkol by my kry nie. Brand in die son en kry velkanker. Reën nat en kry longontsteking. Krap my kar en word kliphard gedonner.
2. Die doos met die bedel-bordjie by die stopstraat. Jy wip jou vuil gat vir ‘n brood en ‘n pakkie slaptjips. Jy soek eerder geld. Vir wat staan daar dan op jou bordjie “Enige donasies, kos…”? He!? Ek het vanmiddag van dieselfde vars witbrood en lekker slaptjips gehad vir middagete. Wat verwag jy as jy bedel? Kaviaar en Franse champagne? Gaan kak, jou moroon! Gaan slaap honger en droom van die brood en tjips vanaand. Eet vrot kos uit die asblik en kry voedselvergiftiging. Kots jou longe uit. Kry tandpyn.
3. Die ouetehuis. Julle kry elke maand R250, o ja, sorry, korreksie, julle HET elke maand R250 gekry. Julle gaan nie meer nie. Julle is plein ongeskik en gedra julle soos ‘n klomp werfetters. Skree ten hemele en bid vir geldnote om op julle neer te daal. Vasbyt, min dae!
4. Die weeshuis. Ja, sorry, julle ook. Die lys wat julle vir my gestuur het, is vol luukses en demands wat gemiddelde kinders in ouerhuise nie eens het nie. Daaruit lei ek af dat dit op die oomblik nie so sleg gaan met julle as wat julle voorgee nie. Julle ag dit ook nie nodig om navrae te beantwoord nie. Dus: You’re fired!
Dit was dan die slegste nuus.
Dit is ook vir my vandag ‘n vreugde om die goeie nuus aan te kondig. Bogenoemde vakatures wat na afleggings ontstaan het, word onmiddelik gevul. Dit is vir my baie aangenaam om die volgende aan te stel:
Die katte en honde wat liefde, kos en ‘n warm slaapplek benodig.
Al kan ek nie almal van julle help nie, stuur ek al my bydraes aan julle en maak my hart oop vir julle.
Die klein hondjies en katjies wat net vasgehou wil word. Die groot honde wat opgewonde lek as hulle ‘n vryf agter die kop kry en mens met hulle by die shelter gaan stap.
Die katte wat knus en tevrede op ‘n tweedehandse kombers opkrul.
‘n Nat neusie, ‘n poot vol modder, lang hare, kort hare en sagte hare. ‘n Warm puppy en ‘n groot tong oor die gesig. Onskuldige ogies wat blink. Die reuk van ‘n klein hondjie en die sagte lyfie van ‘n katjie.
Geluk met julle aanstelling. Mag julle sterte swaai en julle spin van geluk.

Related Articles
2 users responded in this post
Hi daar. Vir jare der jare, al amper vandat ek werk gaan die DBV se aftrekorder elke maand af by my. Ek kom dit nie eens meer agter nie. Wonderlike mense wat met wonderlike diere werk. Deesdae is ek al een van hulle grootste “vriende”. Hulle is in my testamnet ook.
Diere “rock”.
Dis great.
Ek werk al jare lank as vrywilliger vir DBV, baie dankie.
En dankie aan jou, Roos.
Julle albei ROCK.
Leave A Reply