Bou ‘n legkaart. Hier onder verskyn ‘n wit-en-swart voorskou van die prentjie. Die legkaart is in kleur.

Die legkaart het 3 vlakke. Maklik, Gemiddeld en Moeilik. Volg een van die skakels hier onder om te kies op watter vlak jy die legkaart wil bou.
‘n Nuwe venster sal dan oopmaak met die stukkies van die legkaart oor jou skerm gestrooi. Dit kan ‘n tydjie neem aangesien elke stukkie van die legkaart ‘n aparte prentjie is wat moet laai.
Gebruik die pyltjie van jou muis en beweeg die stukkies om by mekaar in te pas. Sodra ‘n stukkie by ‘n ander een pas, sal jy dit as ‘n geheel kan beweeg met jou muis.
JavaScript moet aangeskakel wees in jou blaaier. Internet Explorer kan dalk sukkel met die deursigtigheid van die PNG en GIF prentjies, so die kwaliteit kan swakker wees. Vir goeie kwaliteit prentjies gebruik ‘n ander blaaier soos Firefox of Opera.
Die legkaart lĂȘ nie jou hele eetkamertafel vol nie, die wind waai nie die stukke weg nie en die kat spring nie die legkaart van die tafel af nie.
Die volledige legkaart se prentjie is ook redelik klein so jy gaan nie ure, dae en weke neem om die legkaart te voltooi nie. ‘n Paar minute is al wat nodig is.
