Die Wolf Se Snuffelblog

Die Blog waar Die Wolf in Afrikaans sy bek rek.

  • Home
  • About

2

Sep

‘n Vurk in die suikerpot

Posted by Die Wolf  Published in Kortverhale

Oom Gerber was verskriklik suinig. Daarby was hy nog nors ook. Die kinders het maar draaie om hom geloop. Oom Gerber het nie geld gemors op skeergoed nie en sy woeste baard en snor het hom boos laat lyk. Sy huis was ook nie altyd netjies nie, want hy het nie baie geld uitgegee op skoonmaakmiddels nie en het geensins die nut daarvan gesien om ‘n skoonmaker in diens te neem nie. Nie eers een dag per week nie.

Die laaste Saterdag van elke maand het Oom Gerber sy pak klere aangetrek, met sy wit langmouhemp wat sou kon doen met goeie strykwerk, en Poskantoor toe geloop om geld op sy spaarboekie te trek en sy rekeninge te betaal. By die Poskantoor het hy in ‘n lang ry gestaan en wag terwyl die sweet deur sy woeste baard stroom. Oom Gerber was wel suinig, maar hyself moes baie lekker geëet het, want sy hemp het styf oor sy maag gespan. Oom Gerber se huis was aan die kant van die dorp en dit was ‘n hele ent Poskantoor toe, maar hy het eerder geloop en in die ry gaan staan, as om met sy kar te ry en vroeg op te daag voordat die Poskantoor besig was.

Oom Gerber het ook op die laaste Saterdag van die maand een dik koevert vol briewe gepos aan sy familie. Almal se briewe was in een koevert, want hy betaal g’n vyf briewe se posgeld as hy alles in een koevert kan pas nie. Die familie moes maar die briewe onder mekaar uitsorteer of aanstuur.

Nadat Oom Gerber by die Poskantoor sy sake afgehandel het, het hy na die kafee en slaghuis oorkant die straat toe geloop. By die kafee het hy vir hom ‘n sakkie Horseshoe tabak gekoop. Oom Gerber het nie flou twak gestop nie. Hy het geglo van die sterk twak gebruik mens minder. Sy pyp se wande was al dun gerook en hy het aan sy kromsteel gesuig totdat daar net fyn as oor was voordat hy weer gestop het.

By die slaghuis was Oom Gerber moeilik. Hy het 2 kilogram se biltong gekoop. Die biltong moes kurkdroog wees, want soos Oom Gerber al in die slaghuis geskel het: “Moenie kom staan en neuk vandag met die nat biltong nie! Nat biltong weeg swaarder en ek kry dus minder.  Dan kan ek netsowel my eie biltong maak. Vir wat moet ek die swaar, nat biltong by die huis loop uitdroog? Dis ‘n verneukspul wat hier aan die gang is!”

Die slagter, Mister Schoonbie, het eenkeer met ‘n prag van ‘n blou-oog rondgeloop. Die storie het geloop dat Oom Gerber eendag sy eie loodgewig, wat volgens hom presies 1 kilogram weeg, uit sy broeksak gehaal en op die skaal neergesit het.  Die skaal was omtrent 20 gram oor, en die slagter het Oom Gerber se humeur en regtervuis ontmoet.

Nadat Oom Gerber by die kafee en slaghuis was, het hy al kouend aan ‘n stuk kurkdroë biltong met die straat af geloop na die hotel se kroeg toe.

In die kroeg het Oom Gerber gaan sit en die kroegman, Japie, nader geroep. “Hoeveel water gooi jy by daai brandewyn om hom te rek? Hm? Nee wat, boetie, maak maar ‘n nuwe bottel oop. Gooi vir my ‘n dubbel, met baie ys en bring ‘n Coke. Ek sal self mix. Maak die glas vol ys, boetie, daar kan nog ‘n blokkie pas.”

Oom Gerber het glo eenkeer by die apteek of die hospitaal ‘n pipet gaan leen wat presies 50ml kan afmeet en die dubbels in die kroeg die hele Satderdag-middag lank gaan beproef. As iemand hardehout drink, moes dit eers in die pipet in, en dan in die glas in.  Herman drink Captain Morgan, Pieter drink Klipdrift, Klaas drink Bell’s, Angelique met die mooi tiete en hees stem drink Red Heart terwyl sy Craven A rook, Irma kap ‘n dubbel gin en tonic, Gerbrand drink Richelieu… So gaan dit aan. Elke keer moet die dubbel eers in die pipet gegooi word om seker te maak die dubbels word korrek afgemeet. Dit vat tyd, en die drinkers bly dors. Laatmiddag toe Oom Gerbrand die pipet laat val, blykbaar nadat Angelique voor hom gebuk het, en die glasskerwe op die vloer blink, het die drinkers hulle glase hoog gehou. Die kroeg het teruggekeer na normaal.

Die ander Saterdag-oggend stap Oom Gerber by die kroeg in. Jaap en sy seun het pas die Coke-masjien klaar geïnstalleer en was trots op die nuwe stukkie tegnologie.

Die drinkers was nie gelukkig met die Coke-masjien nie.  Die glasbotteltjies Coke kon hulle deel of elke man of vrou kon twee sterk doppe met een botteltjie Coke drink. Die nuwe gedoente het gemaak dat elkeen elke keer vir die Coke moes betaal. Die drinkers het maar opgedok. Daar was net een kroeg op die dorp.

Oom Gerber was nog nie daar vandat die Coke-masjien op ‘n tafel langs die yskas staangemaak is nie.

Die sweet het op sy hemp uitgeslaan en die kroegstoeltjie het gekraak en gekreun toe hy gaan sit het. “Gooi daar ‘n dubbel, seunie,” het hy vir Japie gesê terwyl hy die sweet op sy voorkop met sy hempsmou wegvee, “en maak maar gou. Die slaghuis het vandag weer my moer goed gepomp met hulle nat biltong.”

Oom Gerber moes lank in die ry by die Poskantoor gestaan het. Dit was al namiddag en die kroeg was goed besig. Hy het die as in sy pyp aan die brand gekry en die steel warm getrek. Japie het sy dop gegooi. “Sjorrrrr,” het die Coke-masjien die koeldrank oor die dubbel brandewyn en baie ys in die glas getap.

Oom Gerber het onmiddelik opgekyk toe hy die nuwe geluid hoor. Hy het die kromsteel agter sy voortande in die hoek van sy mond gehaak en die pypkop het wegglê in sy baard. “Nou wat de DONNER vang jy nou aan, mannetjie!” het sy stem gebulder terwyl blou rookwolke by sy neusgate uittrek.

Die drinkers het almal stilgebly toe hulle Oom Gerber se stem hoor. Hulle het sommer geweet daar kom kak. Die sigarette het stadig in die asbakkies verbrand. Die glase in die hande het nie aan die lippe geraak nie. Angelique het haastig haar mini-rompie reggetrek sodat die voutjies van haar boude nie uitsteek nie. Iemand het die klank van die televisie in die hoek sagter gedraai. Die Bokke was in elk geval besig om naam te ruk en kak droog te maak.

“As ek ‘n brandewyn met baie ys en Coke koop, dan koop ek fokken wat, mannetjie?” het Oom Gerber se stem voort gebulder.Hy het opgestaan en vir Japie aangegluur. Hy het gewag vir ‘n antwoord.

“Ek..ek..”het Japie begin.

“Jy wat? Jy bring vir my ‘n dubbel brandewyn, baie ys en ‘n Coke!”

“J…Ja…” het Japie gestamel en gewens sy pa, Jaap, was daar.

Oom Gerber het opgestaan, die toonbank aan die kant van die kroeg opgelig, deur geloop, die blad agter hom laat val, en en langs Japie gaan staan. “Kyk nou mooi, mannetjie! Kyk en verstaan, want wragtig, vandag bliksem ek jou!”

Dit was tjoepstil in die kroeg. Almal het mooi gekyk. Iemand het die televisie heeltemal afgeskakel.

Oom Gerber het ‘n skoon glas van die rak af gehaal. Hy het dit gevul met ys en daarna met Coke uit die masjien. Hy het nog ‘n glas van die rak af gepluk, die ys in die glas terug gehou met sy vingers en die inhoud in die glas gegooi. Die Coke het die glas skaars kwart vol gemaak.

Oom Gerber het toe nog ‘n skoon glas van die rak af gehaal en ‘n glasbotteltjie Coke uit die yskas geruk. Hy het die prop teen die rand van die toonbank af geslaan en die Coke in die glas gegooi. Die glas was amper vol.

Hy het die twee glase in die lug gehou; in Japie se gesig. In sy linkerhand was die glas wat kwart vol was met masjien-Coke en in die regterhand was die glas vol Coke uit die botteltjie.

Oom Gerber het weer gebulder. “Kyk nou na hierdie twee glase en dan verduidelik jy vir my wat die verskil is!”

Japie het met groot oë gekyk en begin stamel. “Die een het net ‘n bietjie Coke in…”

“Korrek, Japie! Korrek! Die een het net ‘n bietjie Coke in, want jy is besig om my te bevark! Is jy kop in een mus die slaghuis?”

Jaap was by die ontvangstoonbank van die hotel besig en het die petalje in die kroeg gehoor.  Hy het besluit hy sal moet gaan help, ander word sy seun gebliksem. Hy het deur gestap na die kroeg toe. Hy het geskrik toe hy sien hoe kwaad is Oom Gerber.

“Van nou af is die prys van die masjien-Coke net ‘n kwart van die prys van die botteltjie,” het hy vinnig gesê.

“En wat van al die verneukery wat hier aangegaan het die afgelope ruk?” het Oom Gerber gevra.

“Ja, en ‘n rondte op die huis vir almal in die kroeg,” het Jaap bygevoeg en vir Japie beduie hy moet begin gooi.

Die drinkers het gejuig. “Op Oom Gerber!”

Angelique wou haar top vinnig vir Oom Gerber oplig, want sy het juis nie ‘n bra aangehad nie, maar Jaap het in die pad gestaan. Sy het haar Red Heart en Coke vinnig gedrink.

Oom Gerber het sy glas vasgevat en stadig gedrink. Hy het sy pyp teen sy skoen uitgeklop en die fyn as het oor die vloer gewaai. Toe het hy sy pyp tydsaam met vars twak gestop en ‘n vuurhoutjie geleen om dit brand te maak. Die mense in die kroeg het weer ontspan en verder gedrink.Oom Gerber het vir Japie fyn dopgehou en die een knerts na die ander in sy keel af gegooi.

Die dorp het vir ‘n week gegons na die voorval in die kroeg. Oom Gerber was bekend as ‘n suinige suurknol, maar nou ja, hy het afslag op die hardehout en Coke gekry, en ‘n gratis dop vir almal in die kroeg.

‘n Mens moet ook onthou dat Oom Gerber elke Sondag in die kerk was. Hy het ook sy deel van die kollekte bygedra, wel effens anders, maar hy het. Soort van. Hy sou byvoorbeeld ‘n vyfrand-noot in die bordjie gooi en dan R4-50 se kleingeld uit die bordjie aan homself uitkeer wanneer hy nie die korrekte bedrag kleingeld gehad het nie. Oom Gerber het elke tweede Sondag 50c bygedra. Oom Gerber het nie ‘n tiende bygedra nie, meer iets soos ‘n duisendste. Tydens Nagmaal het Oom Gerber diep uit die blinkgevryfde silwerbeker gesluk. Die beker was eenkeer gevul net voordat dit by Oom Gerber gekom het, en die lidmaat wat langs Oom Gerber gesit het, moes vir die diaken wys om weer die beker te vul toe hy dit by Oom Gerber ontvang het. Oom Gerber het seker maar baie van rooiwyn gehou.

Die jaart agter Oom Gerber se huis was ‘n ander storie.  Oom Gerber se agterjaart, soos die ander erwe, was baie groot. As jy by die krakende agterdeur van Oom Gerber se huis uit geloop het, was daar ‘n terras van so tien meter breed voor jou. Dan het die grond skerp skuins af geloop en onder in ‘n moeras geëindig waar die biesies en fluitjiesriet dig gestaan het. Die moeras was ‘n lushof vir die vinkies en hulle netjiese grasnessies het in bondels aan die riete gehang.

Die leivoor het voor die huise verby geloop. Oom Gerber se leibeurt was sy beurt.  Op die terras het daar ‘n ry geelperskebome gestaan. Oom Gerber het egter sy leibeurt eintlik misbruik en al die water teen die skuinste laat afloop tot in die moeras. Oom Gerber was te suinig om iemand anders die water te laat gebruik, daarom het hy met elke leibeurt die water afgekeer en in die moeras in laat loop. Die moeras was in die somermaande ‘n broeiplek vir swerms muskiete, paddas en slange en die bure was nie baie gelukkig daaroor nie. Oom Gerber het ook die waterfiskaal met arendsoë dopgehou en as iemand net uit sy beurt gelei het, was daar groot moeilikheid.

Die geelperskebome was die trots van Oom Gerber. Elke einde Oktober het die bloeisels dig aan die takke geblom.  Wanneer die perskes begin  ryp word het, het die takke swaar gehang. Oom Gerber se geelperskes was nie waterig en smaakloos nie, nee, sy perskes was groot, vlesig, styf, soet, smaaklik en baie lekker. Die lekkerste in die hele kontrei. Sy perskebome het genoeg son gekry en nooit te veel water nie. Op die terras waar die bome gestaan het was dit net droog genoeg.

Oom Gerber kon nooit al die perskes eet nie. Hy het net ‘n paar geëet en die res laat af val en vrot word. Dan het hy dit weer in die grond in gewerk saam met vragte vol bemesting wat hy verniet by die rioolwerke gekry het. Die tamatieplante het welig gegroei onder die perskebome.

Die dag toe Oom Gerber oorlede is, stil en eensaam op ‘n stoel in die sitkamer van sy huis, het die prokureur, Brinkman, sy hande deur sy hare gevryf, ‘n stywe skoon dop afgesluk, ‘n sigaret aangesteek en aan Oom Gerber se testament begin werk.

Oom Gerber se testament het so baie erfgename gehad en elkeen het so ‘n klein bietjie geëerf, dat hulle erfporsies eintlik nutteloos was. Selfs in die graf was Oom Gerber suinig.

Daar was maar min mense by die begrafnis. Oom Verwey het na die tyd in die kerksaal ‘n paar woorde gesê. Oom Verwey was al oor die tagtig en het swaar op sy kierie geleun. “Dit was die droogte, die Tweede Wêreldoorlog, die jare van depressie en nog ‘n droogte wat dit aan die man gedoen het. Sy siel het geknak. Tydens die droogte het die skape mekaar se wol gevreet, so droog was dit.”

Monja, Oom Gerber se dogter en enigste kind, het van die stad af gekom vir die begrafnis. Sy het ‘n skinkbord vol koppies, ‘n beker kookwater en ‘n klein bekertjie vol melk gebring. In die suikerpot was ‘n vurkie.

2 comments

2

Sep

‘n Graaf, ‘n pik en ‘n tikkie geluk.

Posted by Die Wolf  Published in Kortverhale

Hlabisa loop stadig en gebukkend in die straat af. Hy dink aan sy ma wat by die huis wag. Sy ma vir wie hy sorg. Hlabisa is ‘n sterk jong man. Hy het skaars ‘n maand terug 22 geword, maar waar hy in die straat na die taxistaanplek toe loop, lyk dit asof sy liggaam swak en uitgeput is.

Die eienaar van die huis waar Hlabisa as ‘n tuinier gewerk het, gaan emigreer. Die huis is teen ‘n winskoop in die mark gesit, verkoop en in die proses het Hlabisa sy werk verloor. Die nuwe eienaar het ‘n tuinier in diens.

Hlabisa het met die tyding dat hy sy werk gaan verloor, alreeds begin soek na ‘n ander huis waar hy kan werk as ‘n tuinier. Werk is skaars. Die rentekoerse en petrolprys styg. Alles word duurder en mense se geld moet verder gerek word. ‘n Tuinier is net nog ‘n uitgawe wat die mense nie kan bekostig in die tye wat hulle die gordel stywer moet trek nie.

Hlabisa se ma lê die meeste van die tyd in die bed. Haar immuunstelsel is af. Haar lyf is maer, die slymerige hoes wat sy het klink nie goed nie en sere slaan op haar lyf uit.

Hlabisa se pa is in die tronk. Hy het eers op die myne gewerk, maar nadat hy die siekte vir sy vrou gegee het, het hy nie weer teruggekom nie. Later het die polisie hom gesoek in verband met transito-rooftogte en maande later is hy in opgespoor, in hegtenis geneem, verhoor en gevonnis.

Dit is spitsverkeer. Die motors vul die strate soos ‘n ry miere wat stadig voortbeweeg. Die taxistaanplek is bedrywig. Hlabisa voel aan die laaste paar note en kleingeld in sy broeksak. Hy haal R8 se munte uit en hou dit styf in sy hand vas. Die taxis laai vinnig en vertrek in alle rigtings in.

Hlabisa vind ‘n taxi wat na die Princess-plakkerskamp toe gaan. Hy neem plaas op ‘n oop sitplek en wag saam met drie ander passasiers en die drywer totdat die taxi vol gelaai is. ‘n Man wat na dagga en bier ruik neem plaas langs Hlabisa.

Die taxi trek rukkerig weg en dampe wat sterk na enjinolie ruik borrel by sy uitlaatpyp uit. Die drywer ry voor die ander voertuie in toe hy in die pad in draai. Die taxi se regter spieëltjie makeer. Iemand toet vies. Die drywer ry rustig voort. Die man langs Hlabisa vroetel met ‘n plastieksak en haal dan ‘n quart Black Label uit. Hy byt die prop met sy tande af en sluk diep. Hy breek ‘n suur wind op.

Die taxi kruie voort in Ontdekkersweg. By ‘n verkeerslig wat pas rooi geslaan het, toet die drywer net en ry oor.

Waar die pad verby die Florida Junction winkelsentrum loop, wil een van die passasiers afklim. Die drywer trap rem en stop in die pad. Die vrou klim tydsaam af terwyl die verkeer agter die taxi ophoop. Die taxi trek weg nadat iemand anders weer opgeklim het. ‘n Motoris toet weer ongeduldig toe die taxi reg voor hom in ry met die wegtrekslag.

Die man langs Hlabisa sluk weer diep uit die bottel bier en stamp aan Hlabisa met sy elmboog wanneer hy die bottel laat sak. Hlabisa gee hom ‘n vuil kyk. Die man glimlag net breed en mompel iets van “..bonus by die werk gekry…” voordat hy in die plastieksak grawe, nog ‘n bottel te voorskyn bring, dit oopmaak en vir Hlabisa aangee. Die man stamp sy bottel hard teen Hlabisa s’n, sê “Cheers!” en sluk die skuim wat uit die bottel begin borrel.

Aag, wat tog, dink Hlabisa en sluk diep uit sy bottel. Hy sluk dat die borrels sy keel brand en die are in sy nek bult. Die bier stroom in sy keel af. Hy sluk totdat die asemnood hom dwing om die bottel weg te neem van sy lippe af. Die bottel is amper leeg.

“Yo! Yo! Yo!” sê ‘n vrou wat agter Hlabisa sit toe hy net vinnig asem skep en die res van die bier afsluk.

Die taxi se flikkerligte werk nie. Die drywer verwissel bane tot groot frustrasie van die ander motoriste en trek by die parkeerterrein van Westgate in. ‘n Paar passasiers klim af en ander vul hulle plekke. Die taxi trek weer met ‘n gerammel weg, jaag om die verkeerslig groen te vang en tel vinnig spoed op teen die afdraande af, net om weer teen ‘n slakkegang by die opdraande op te sukkel.

By die Princess-plakkerskamp klim die meeste van die passasiers uit. Die man met die bier in die plastieksak slinger in ‘n rigting in.

Hlabisa stap met ‘n kronkelende stofpad aan na sy plakkershut. Hy stap verby ‘n ry Spaza-shops. Hy voel die bier in sy kop en wou net ‘n slymerige straal na die Spaza-shop van die Somaliër toe spuug, toe hy iets gewaar wat sy aandag trek. Hlabisa staan vir ‘n oomblik stil en loop dan haastig weg na sy eie tuiste.

Dit is al sterk skemer, maar die son het die sinkhuisie die hele dag warm gebrand. Die sweet tap teen Hlabisa se gesig af wanneer hy die krakende deur agter hom toedruk. Hy weet dat die koue later in die aand deur die sinkplate gaan dring. Die vierkantige sinkhuisie is in twee verdeel met ‘n houtbord wat beter dae geken het. In die agterste vertrekkie rammel sy ma se borskas. Hlabisa soen sy ma op die voorkop en hou haar hand vas. Sy maak haar oë oop en groet hom met ‘n stem wat soos die fluistering van die wind klink. Hy maak sy ma toe met die grys kombers en stap dan terug na die ander vertrekkie waar ‘n dun matras op die grond lê, ‘n bondel hout in die hoek staan en ‘n Primus op ‘n lendelam tafeltjie. Op die vloer langs die tafeltjie is daar ‘n groot pampoen, ‘n kan water, ‘n swartgebrande pot en ‘n sak Ace mieliemeel. Drie groot aartappels met groen uitlopers lê teen die pampoen.  Op ‘n houtrakkie teen die sinkmuur staan ‘n halwe kers in ‘n afgesnyde Fanta-blikkie, ‘n botteltjie ingelegde beet en ‘n enkele blikkie Chakalaka. ‘n Boksie vuurhoutjies en ‘n ou koerant lê op die vloer langs die matras. Teen die oorkantste muur staan ‘n “Made In China” radio op die vloer. Langs die radio is daar ‘n boks met ‘n paar borde, twee vurke, ‘n porselein koffiebeker en drie blikbekers in. Op die matras self is daar ‘n enkele grys kombers netjies opgevou.

Hlabisa skakel die radio aan. Die omroeper van iKwekwezi FM se stem vul die bedompige plakkershut.

Hlabisa neem die helfte van die bondel hout, ‘n stuk koerantpapier, die boksie vuurhoutjies en knyp dit onder sy arm vas terwyl hy die deur oopmaak. Die wind het genadiglik gaan lê. Die son het al gaan slaap en die naglug is koel. Hlabisa pak die bondel hout op ‘n hoop uitgebrande as, druk die koerantpapier onder die hout in, trek ‘n vuurhoutjie en steek die papier aan die brand. Die hout is kurkdroog en vat gou vlam sonder dat Hlabisa die vuur hoef aan te blaas.

Toe die geel vlamme met groot tonge aan die hout lek en die droë hout knetter, gebruik Hlabisa ‘n houtstomp on die brandende hout op ‘n hoop te krap en vier groot klippe rondom die vuur te plaas.

Hlabisa maak die deur van die plakkershut saggies oop sodat sy ma nie wakker word nie, vul die swartgebrande pot en ‘n blikbeker met water uit die kan, neem die sak Ace mieliemeel en ‘n vurk en stap na buite.

Hy plaas die pot met die water op die klippe. Hlabisa spaar hout deur die pot water reg oor die vlamme te plaas en nie te wag totdat die hout kole gemaak het nie.

Wanneer die water in pot begin kook, neem hy die houtstomp en krap die vuur oop. Die vlamme helder op, maar Hlabisa druk sy vingers in die blikbeker en spat die vlamme dood. Hy sprinkel nog water uit die blikbeker op die gloeiende kole.  Hy temper die vuur. Hy maak die vuur sag sodat die pap nie sal brand nie. Hy skep met sy hand meel uit die sak, voeg dit by die kokende water en roer dit met die vurk. Hy skiet nog water met sy vingers onder die pot in op die kole. Die pot het nie ‘n deksel nie. Hy roer die pap met die vurk. Wanneer die water verdamp het en die vlamme begin lek aan die pot, skiet hy nog water met sy vingers op die vuur. Die pap is slap en hy voeg nog meel by. Hy roer dit met die vurk. Die reuk van mieliepap vul die stil naglug.

Wanneer die pap gaar is, gebruik Hlabisa sy hemp om die pot vinnig van die vuur af te trek. Hy vou sy hemp dik, tel die pot op en dra dit die plakkershut binne. Hy plaas die pot vinnig op die vloer toe die hitte te erg deur die opgevoude hemp begin kruip. Hy blaas sy vingers.

Terwyl Hlabisa wag dat die pot pap effens afkoel, maak hy die blikkie Chakalaka oop. Hy haal twee borde uit die boks en skep van die Chakalaka in elke bord. Hy rol met die vurk in die pot pap en skep ‘n stewige porsie in elke bord.

Hlabisa se ma is swak, maar sy kan regop in die bed sit en self eet. Hlabisa sit langs haar op die bed. Af en toe blaas hy die kos koud vir sy ma. Hlabisa en sy ma eet in stilte. Dit is net die musiek wat krapperig uit die radio trek agter die houtafskorting.

Hlabisa dink diep terwyl hy eet. Al is sy ma siek, weet sy wanneer haar kind diep dink. Sy vra hom nie uit nie.

Hlabisa dink aan sy pa se vriende. Van hulle is al uit die tronk of was nooit gevang nie. Hulle ry met duur gekaapte motors rond. BMW’s en Audi’s en Mercedes’e wat blink. Hulle dra baie goue kettings om hulle nekke. Hulle drink duur whisky en brandewyn. Die pistole wat onder hulle klere weggesteek is, is geolie en gereed vir skiet. Hulle dagga bevat nie pitte nie. Hulle kokaïen is suiwerwit, hulle klere en sonbrille is nie namaaksels nie, maar die ware Jakob soos die wat in die winkels van Sandton verkoop word. Hulle meisies is mooi, jonk en meer as gewillig.

Hlabisa dink. Hy dink en dink. Hy kan by sy pa se vriende aansluit. Hy kan geld maak. Hy kan respek kry. Hy kan dan vir sy ma sorg. Hy hoef nooit weer skaam te wees vir ‘n meisie nie. Hy sal dan geld en aansien hê. Die mense sal ontsag vir hom hê.

Of hy kan lewenslank kry soos sy pa…

In sy hart het Hlabisa al geweet wat hy besluit het. Dit is waarom hy nie dikmelk of ‘n stukkie vleis gekoop het nadat hy by die Somaliër se Spaza-shop verbygeloop het nie. Die Somaliër wat almal altyd sê eintlik ‘n onderwyser was in sy eie land. Hlabisa het na die handelsware gekyk wat die Somaliër uitgestal het, en sy ma se woorde het by hom opgekom.

“Jy is nie dom nie, Hlabisa. Ek het net nie geld om jou langer skool toe te stuur nie.”

Hlabisa dink aan die Somaliër se winkeltjie voordat hy later die nag aan die slaap raak.

Hlabisa staan vroeg die volgende oggend op. Hy maak van die oorskiet pap warm vir hom en sy ma. Daarna stap hy weer met die kronkelende stofpaadjie na die Somaliër se Spaza-shop. Die plakkerskamp ontwaak. Taxis toet al opgewonde en mense stroom om ‘n taxi te kry werk toe.

Die Somaliër is nog besig om sy ware uit te pak, en kyk agterdogtig na Hlabisa toe hy daar opdaag. Dinge gaan nie goed met die onwettige immigrante in Suid-Afrika nie. Hlabisa staan geduldig en kyk hoe die Somaliër sy ware uitpak. Sy moed sak tot in sy skurwe voete wanneer die Somaliër klaar is. Die twee items wat hy wou koop is nie daar nie.

“The pick and the spade?” vra Hlabisa terwyl hy weet dat die twee items heel waarskynlik reeds al verkoop is, maar hy hoop met sy hele hart dat dit nog beskikbaar is.

“Yes? The pick and the spade. In the back,” antwoord die Somaliër

“Then why don’t you pack it out?” asked Hlabisa.

“Been here for more than two months. Nobody bought them,” sê die Somaliër oor sy skouer terwyl hy die blikkies sardientjies, bottels kookolie, sakke rys en bokse Omo-waspoeier op die rakke netjies pak.

Hlabisa dink vinnig. Hy onthou dat die prys vir die graaf en die pik die vorige dag R45 elk was. Die implemente het wel oud en geroes gelyk, maar verder niks makeer nie. ‘n Graaf en pik wat blink, word in elk geval nie gebruik nie. Hy dink aan die note in sy sak. ‘n R50, ‘n R20 en ‘n R10.

“If they do not sell, I’ll give you R30 for them both,” sê Hlabisa.

Die Somaliër dink ‘n oomblik na. Hy is bang vir die vreemdelingehaat wat orals kop uitsteek. “OK. R30 for the spade and the pick,” sê hy en loop agtertoe om dit te gaan haal. Hlabisa keer hom egter voor.

“And another R50 for some advice.”

“What?” vra die Somaliër verbaas.

Hlabisa dink vinnig. “And a 20% partnership for you in my new business.”

Die Somaliër dink ‘n oomblik na en besluit dan dat hy eerder sal moet luister. “Tell me about it.”

Hlabisa vertel en verduidelik so goed soos wat hy kan. Die Somaliër luister. In sy agterkop spring die syfers rond terwyl Hlabisa praat. Hy was immers ‘n Wiskunde onderwyser.

Dakshesh Neeharika, die Somaliër, besluit hy kan nie skade ly nie, en na ‘n goeie sessie van argumente uitruil en onderhandelinge, vergroot hy sy aandeel na 30%, en dan word die graaf en pik verniet deur Hlabisa gebruik en hy wat Dakshesh is, sal die bemarking van hulle nuwe onderneming doen. Die twee kom ooreen. Op die Donderdag, 24 Julie 2008, skud hulle hande.

**

Dakshesh en Hlabisa werk baie hard gedurende die volgende paar weke. Augustus 2008 staan nie vir hulle stil nie. Die tyd loop stadig nie, die dae en ure hardloop verby. Teen die 15e Augustus is albei moedeloos. Hulle onderneming vorder nie. Om die waarheid te sê, hulle is besig om op ‘n verlies te werk. Hulle het net eenvoudig te min kliënte om ‘n wins te maak. (Hulle het net een kliënt wat in ‘n townhouse in Wilgeheuwel bly.)

Hlabisa se kop hang moedeloos. Dakshesh se kennis loop uit. Die twee is in sak en as.

Dakshesh se kop staan terug Somalië toe, of enige ander Afrika land, en Hlabisa moes teen wil en dank vir sy ma vertel dat hy plat teen die grond is, dat hy nie werk het nie en dat sy laaste hoop besig is om ‘n baie groot mislukking te word.

Hlabisa se ma het net gefluister, skaars hoorbaar. “Fokus op een dag op ‘n slag.”

Dit was eers teen die volgende oggend, na ‘n slaaplose nag, dat Hlabisa ‘n blink idee gekry het. Sy ma het mos gesê hy moet op een dag fokus, maar hy gaan op sewe dae fokus.

Hlabisa het besluit hy gaan op 1-7 September 2008 fokus. Vanaf lentedag, Maandag 1 September 2008 tot Sondag 7 September 2008.

Hy dra sy nuwe plan ook baie vinnig oor aan Dakshesh.

“Mm, yes,” antwoord Dakshesh voordat hy na die biblioteek toe gaan om meer uit te vind oor Harpephyllum caffrum, die boom van die jaar.

“Yes, well I am not sure,” gee Dakshesh later terugvoer. “The Wild Plum seems to be more suitable to warm coastal areas.”

Die teleurstelling en trane gaan lê vlak in Hlabisa se oë.

“Well that does not mean the end of it all. We’ll simply promote indigenous trees suitable for the Highveld region,” sê Dakshesh. “I’ll do some more research.”

Dakshesh doen sy navorsing en kom vorendag met ‘n lang lys inheemse bome wat geskik is vir die Johannesburg omgewing.

Die vennootskap Hlabisa en Dakshesh wil net weer moed verloor, toe sake begin optel.

Hulle het vir die 1ste September agt bome om by ses verskillende huise te plant. Hulle beker loop egter oor toe ‘n ontwikkelaar hulle aanstel om meer as 300 bome by ‘n nuwe kompleks wat pas voltooi is, te plant.

Albei vennote besef onmiddellik dat een werker, een graaf en een pik nie voldoende gaan wees nie. Om nie eers te praat van al die boompies nie. Waar gaan hulle, sonder noemenswaardige kapitaal en enige kredietwaardigheid, soveel boompies aanskaf?

Dakshesh maak somme. Hy neem ‘n deposito vir die werk en beding ‘n reuse afslag by ‘n kwekery vir die 300 boompies. Die geld maak dit naelskraap. Hy leen geld by familie vir ekstra grawe, tuinvurke en pikke.

Hlabisa stel tydelike tuiniers, wat werkloos is, aan teen ‘n eenmalige vergoeding per dag. Een van die tuiniers kry werk as ‘n bode en algemene drywer intussen, maar hy boek homself siek af. ‘n Ander bly net weg en gebruik die taxis en een of ander fiktiewe staking as ‘n verskoning.

Op die 1ste September daag twee werkers glad nie op nie, want hulle het die vorige dag te veel bier gedrink en kon nie betyds opstaan nie. Hlabisa en Dakshesh gryp elkeen ‘n graaf en spring self in.

Die Maandag-oggend elfuur is daar ‘n kort funksie by die nuwe kompleks. Al 300 boompies is netjies geplant en natgelei. Die reuk van vars grond hang in die lug en die jong boompies staal hulle teen die koue wind wat waai.

Dakshesh maak sy somme. Hy slaan die laaste knoppies op sy sakrekenaar en druk die is-gelyk-aan teken. Die sakrekenaar spoeg ‘n antwoord uit.

“Yes,” sê Dakshesh. “Not too bad, really not too bad.”

“How much?” vra Hlabisa ongeduldig.

“Exactly R176-34 each, after all the expenses are subtracted,” antwoord Dakshesh.

“What!?”

“Yes, but you must keep in mind I have subtracted money for three second hand lawnmowers in a good condition, because after the ceremony today I have landed a contract to do the gardening for the whole complex, as well as a few houses. And that is just the beginning. Tomorrow we have another complex to do, then if everything goes well, we will have some serious cash in our pockets.”

Hlabisa het daardie aand lekker geslaap.

no comment

27

Aug

The messenger of the gods.

Posted by Die Wolf  Published in Kortverhale

A story contest by Parenthesis, called Dazzle Me. The original post was in English, and therefore this story is also in English, although I claim to “rek my bek in Afrikaans.” The picture that spoke to me was this one. This is a long post at around 3600 words, so grap some popcorn, a cold beer and start reading.

 

The messenger of the gods 

Thousands upon thousands of years ago, about the time when Mother Nature was still a pure, unpolluted virgin, Galedeus was the god of the rainbow. Tamilat was the god of thunder, rain and storms. Neptune was still a baby and Ra Junior, the future god of the sun, was a newborn.

   There was a forest in Patagonia. The goddess of the forest was Amelia. She was a very beautiful woman. Her figure was perfect. She had long, golden hair and her striking green eyes could not be missed. Her voice was pure and when she was singing, every animal, insect and bird listened and was filled with love and peace.

   Tamilat was also aware of Amelia’s beauty and he started visiting her. After a few centuries, they got married. On the surface it was a perfect marriage. Tamilat controlled the thunder so that no damage was done to the forest and he frequently sent rain to the forest. Amelia used the rain and turned her forest into a paradise.

   After a while, Amelia became aware of the darker side of Tamilat. He had a bad temper and a mean violent streak inside him. He started to control Amelia more and more. Sometimes he could not contain himself and lashed out with thunder and storms of hail to hurt Amelia and her forest. After Tamilat had calmed down, parts of the forest were completely destroyed.

   Tamilat was a very powerful god, and soon the other gods and goddesses did not visit Tamilat or Amelia any more. Amelia became a lonely goddess. Her green eyes became sad and her once beautiful voice faded away to a hoarse whisper.

   During the days Tamilat obscured the sun and enveloped the once beautiful forest in a blanket of dark, ominous clouds. During the nights, Tamilat had an affair with the extremely beautiful female demon known as Lilith.

   As the time went by, the forest became an ugly swamp. Ra Junior was also growing up and he started to ask a lot of questions.

   “Dad, why can’t the rays of the sun reach the forest in Patagonia?” he once asked his father.

   Ra Senior was old. His voice was filled with fear when he answered. “You must not ask questions like that, my son! Tamilat is a very powerful god. You must never ignite his wrath!”

   “But why, Dad? Doesn’t the forest need the rays of the sun? Why does Tamilat obscure the sun with his dark clouds?”

   “You will not stop asking questions, will you? My dear boy, even though Tamilat is a god, he is not perfect. Us gods also have flaws and make mistakes, therefore you must not judge Tamilat.

   “You see, son, Tamilat has a weakness. He cannot control his thundering temper. He is also a very jealous god. Amelia is very beautiful and he doesn’t want any other god to see her beauty. Therefore he blocks out the rays of the sun with his dark clouds and at the same time he is destroying her once beautiful forest so that she cannot be seen and her beauty is disfigured.”

   Ra Junior was deep in thought after his father had spoken and he did not ask more questions. He had to rise early the next morning. The sun was setting; it was time for him to go to bed and for the stars to wake up.

***

   Galedeus was lonely. Deep inside his heart he was hiding a secret. He was in love with Amelia. When Amelia and Tamilat got married, Galedeus had to smother the burning love inside him for from that moment she was not available to him anymore.

   Galedeus also missed his wife, Helga. She was not a goddess and in the end age took her away. Galedeus never declared his love for Amelia because in his heart he did not want to betray Helga.

   Because Tamilat blocked out all the rays of the sun, the colours of the rainbow also could not reach the forest. Galedeus could not paint the forest and the forest became a dull grey colour.

   One morning, very early, just as the sun was rising and the birds started to sing, Galedeus went down to the edge of the forest where the clouds of Tamilat was not very dense and the rays of the sun could reach down to the ground.

   Galedeus found his love, and Amelia found a new love. The two of them lost track of the time and when the sun disappeared to make way for the stars, Galedeus could not go back to his own home. He had to stay the night because he needed the rays of the sun to form a rainbow so that he could glide on the beam of colours back home.

   During the late hours of the night, Tamilat went down to the forest. He found Galedeus and Amelia in bed, sleeping. He could see the passionate love on their sleeping faces. He wanted to lash out with thunder and destroy Galedeus and Amelia right there, but he controlled himself with difficulty.

   No, he thought, I will not destroy them. I will wait for the morning, then clear the sky and let the rays of the sun form a rainbow in the fine mist of the waterfall near Amelia’s house. Galedeus will use the rainbow to glide back home, then I will separate them. They will never see or touch each other ever again. They will live in sadness for the rest of their lives.

  The next morning Galedeus kissed Amelia goodbye and glided back home, just as Tamilat intended. As soon as Galedeus was back home, Tamilat used all his power.

   The sky turned black and day became night on the earth. The clouds packed together and blocked out the sun. There was not a single place on earth where the blue sky could be seen. Gale force winds and floods of rain totally destroyed the forest of Amelia.

   Galedeus wanted to go down and help Amelia. He wanted to protect her against the violent storms, but he could not.

   Galedeus could do nothing but look down and witness the devastation. His eyes became sad and his colours faded away. First to go was red, then orange, yellow, green, blue…

   Galedeus’s colours faded away to sepia, then all that remained was a grey ash colour. The lines of sadness became etched into his face and his strength left him.

   Amelia had no shelter. The rain was pouring down nonstop and her forest became cold. Her tears mixed with the muddy water and flowed away without anyone comforting her.

   There were days and nights when Amelia begged Tamilat for forgiveness, but Tamilat had no mercy inside him. He silenced her with deafening cracks of thunder and blinding bolts of lightning.

   The forest became a wasteland. A place where rats scavenged the ground for the remains of dead animals. A dark place of misery and suffering.

   Tamilat continued his destruction. As the years went by, he did not even look down to see Amelia. He spent his time with Lilith.

   Tamilat was blinded, consumed by the evil lust and beauty of Lilith.

   At first Lilith was amused by Tamilat’s rage and destruction. Later on Tamilat’s fury angered Lilith. While making love to Tamilat, Lilith started making plans of her own. Lilith wanted to corrupt men’s souls and not destroy the earth. She wanted to make love to the men while they were asleep so that she could be impregnated and spread her own army of demons all over the earth.

***

   Neither Galedeus nor Tamilat knew that a child was growing inside Amelia when Tamilat started his destruction. The child was born in darkness and Amelia took care of her daughter as best as she could. The little girl looked like her father, Galedeus. It was the girl that gave Amelia strength to live. Amelia named the girl Iris.

   Iris was the daughter of a god and a goddess. She inherited the power of her father as well as that of her mother. She had the strength of a god and a goddess inside her. As she grew up, she became stronger.

   Underneath the cover of the dark clouds, Iris started bringing some of the colours of the rainbow back to the ruins of the forest. She did not have all the colours of the rainbow, because although she was becoming a young goddess, she still needed the rays of the sun for the full spectrum. She used red and orange, the only two colours she had without the sun, to the best of her ability.

   One morning Iris found a grey rosebud, struggling to grow, and painted it red. She gave it to her mother.

   Amelia burst into tears when Iris gave her the red rose. The rosebud reminded her of her love for Galedeus.

   “Mother, why are you crying?” asked Iris.

   Amelia wiped the tears from her eyes. “I long for the one day when I had known true love, my dear,” she said.

   “Why can’t you have your love back, mother? Who was it? My father?”

   “Oh, but she can. Your mother can be with her love and you can be with your father,” Amelia and Iris heard a soft, sensual voice behind them. Lilith was walking towards them.

   “Go away! Devil woman!” said Amelia and moved in between Lilith and Iris.

   “Ha! Ha! Ha!” Lilith laughed. “Devil woman? Is that what you call me? You? You who had slept like a whore with Galedeus while you were married to Tamilat?”

   “How dare you!” Amelia shouted.

   “Let us all calm down, dear,” said Lilith. “We can help each other out here, you know?”

   “I will never accept your help,” said Amelia.

   “Never? Never is a long time. You are a goddess, you know? Unless you are killed by a god or goddess you will not die. Do you want to live here with your daughter in this rotting dark swamp forever?”

   “I will not make a pact with the Devil. Go now and never come back here,” said Amelia.

   Lilith smiled seductively. “I will come back again. To tell you about the special night I had spent in bed with Galedeus. Neither man nor god can withstand my charm and beauty. I will seduce Galedeus. I will sleep with him and make him love me. Then you will have nothing left. Galedeus’s love for you will be dead. You have seven days to decide. Let me know before then if you want to help me and then I will tell you what I have in mind.”

   Amelia wanted to slap Lilith through the face and scratch her eyes out, but Lilith was gone.

   “Mother, what are we going to do?” asked Iris.

   Amelia knew what to do. Lilith was right about one thing: A goddess can only die if she is killed by another god or goddess. “I will make a plan, Iris. I promise. Let’s not talk about that devil woman for now. We need to rest.”

   When Iris was asleep, Amelia started to formulate her plan. Under the cover of the clouds, it was always dark, but each night Amelia caught a glimpse of the stars. When Tamilat was making love with Lilith, he got for a moment lost in the lust of Lilith as he climaxed. During that brief moment, Tamilat had no control over the dark clouds. A thin crack in the sky opened, and a few stars were visible.

   When Iris woke up, Amelia told her of the plan.

   “Iris, my loving daughter, you are a goddess. You are still young and it is with a deep ache in my heart that I will place this burden on your shoulders.”

   “What do you want me to do, mother.”

   Amelia took out a hand mirror. “I will take this mirror to Ra. I will plead and beg with him to use the mirror to reflect the rays of the sun from the light side of the earth through a crack in the clouds into the forest when it is dark here.”

   “But how are you going to get to Ra, mother?”

   “I must ask you to use your power as a goddess. You are the daughter of Galedeus. You can travel by gliding on the colours of the rainbow.”

   “We never get sun here, mother.”

   “You must use your power to send me on the light of the stars during the night.”

   “But the light of the stars are white and a rainbow cannot appear during the night, mother.”

   “With your power you can let me travel with the white light.”

   “Then why don’t we both go?”

   “The light of the stars are not strong enough. Only one of us can go.”

   “Then I will use all my strength to get you to Ra, mother,” said Iris.

   Amelia turned away so that Iris could not see the tears in her eyes.

   “Thank you, Iris. You will be a great goddess. Now let us wait for the night and an opening in the clouds.”

***

   Mother and daughter waited. They sat huddled together while the thunder rumbled and the rain poured down on them. Amelia held her arms protective over Iris, as if trying to guard her daughter against the heavy rain and violent lightning. Amelia held the mirror tightly against her body.

   When the clouds opened for a moment and the light of a star reached down to the earth, Iris sent her mother away. Amelia glided at the speed of light and millions of kilometers from the earth she was so far away that she could see the sun. She called Ra.

   It was Ra Junior, by that time he had grown into a strong young man, who had heard Amelia calling him.

   “Father! Father! Come and help!” Ra Junior shouted as he rushed to Amelia.

   What Amelia did not tell her daughter, was that she would die because she travelled by night on the white light of the stars.

   “You must please take the mirror and reflect the rays of the sun tomorrow night into the forest so that my daughter can escape,” said Amelia. Her voice was weak. Her skin was drying out, she turned grey, then died.

   “Amelia! Amelia,” said Ra Junior as he was shaking her body. Amelia’s flesh turned to ash and soon there was nothing left of her. She was gone and would never return.

   Ra Junior took the mirror and ran on the rays of the sun back home. “Father! We must use the mirror to reflect the rays of the sun…”

   “What has she done?” asked Ra Senior. “Amelia has brought suffering and misery to the gods.”

   “But Dad, Amelia said her daughter is still back at the forest!”

   “Amelia has a daughter?”

   “That’s what she said, Dad! We must…”

   “Use the mirror to reflect the rays of the sun? Then her daughter must be the child of Galedeus. That’s the only explanation. Amelia wants her daughter to use the rays of the sun and when the rainbow appears, she must glide out of the forest.”

   “Dad, Amelia is dead.”

   “The curse, yes, of course. A god or goddess cannot use the white light of the moon or stars to travel and stay alive.”

   “We must save Amelia’s daughter. The mirror…”

   “No. Absolutely not. We will not. No.

   “Dad!”

   “No, son.”

   “Why not, Dad?”

   “Tamilat is the most powerful of the gods. No god can go against him. The mere act of Amelia escaping on the white light of the stars will cause Tamilat to declare war against those who helped her. We cannot let anybody know Amelia escaped, even though she had died.”

   “She died, Dad. Amelia died! That’s exactly why we must use the mirror to help her daughter. We cannot let her daughter suffer any longer. Amelia gave her life so that her daughter can be saved. Doesn’t that mean anything?”

   “Son, you are a grown man now. You now have a will of your own. I cannot go against you. Go and get my armour, for as soon as you use that mirror, there will be war. We must either defeat Tamilat or we will die ourselves. That is the way it will be,” said Ra Senior.

   “Dad, you do not need to go.”

   “I will go to war. Amelia died for her daughter and I am prepared to fight and die for you. Let that be my honour.”

   Ra Junior fetched their armour, then departed with the mirror. He waited patiently until the clouds gave way for a moment the next night. He reflected the rays of the sun into the forest and almost immediately Iris arrived.

   “Mother? Where is my mother,” she asked as soon as she saw Ra junior.

   “Wait, let me answer her,” said Ra Senior. “Child, your mother gave her life for you. You have the power to send someone away on the rays of light, but to survive the journey it must be refracted light, like a rainbow. Your mother knew she would die after traveling on the white light, but that was her only way to save you.”

   Iris started to cry. “I never would have let her go if I knew.”

   “Son, go to Galedeus and tell him he is either with us or against us. He must go to war. He owe it to his daughter. The clouds over the forest are moving away. Tamilat must have seen the rainbow on which Iris traveled.”

   “I will go father. I will recruit the other gods. Those who are against us, I will fight.”

   “My sword is sharp and filled with the heat of the sun. I will comfort the child and when the battle starts, I will be one of the first to meet Tamilat,” said Ra Senior

***

   Galedeus was at the side of Ra Junior and together they recruited the gods. Many gods were on the side of Tamilat. A few goddesses joined Ra Junior and when the battle started, the foundations of the entire universe shook violently. The battle of the gods had begun.

   Ra Junior met his father on the battleground, and when they stormed Tamilat and his followers, Ra Senior was right in the front. His sword was blazing with the searing heat of the sun. Neptune was on the side of Tamilat, but when he saw Ra Senior storming, he ran away and hid in the cold depths of the sea.

   It was a hard battle for both sides. Many gods and goddesses paid with their lives. Lilith was standing at a safe distance, her hands on her hips, a smile on her lips, watching.

   The battle went on for days. At dusk of the sixth day, a girl crept upon Tamilat and plunged a sword into his heart. There was lightning and then the loudest cracks of thunder ever heard.

   As Tamilat sank to his knees, the girl shouted. “Stop it! Stop it all of you!”

   It was Iris.

   The gods and goddesses stopped fighting. They looked at Iris.

   “I am the daughter of Galedeus and Amelia. The messenger of the gods and goddess of the rainbow. My first message to you is to stop fighting. Tamilat is dead.”

   The gods and goddesses tried to talk to each other in order to decide what to do next, but their messages became distorted.

   “I am your messenger. A few of you will be able to talk to one another; many of you will need me, the messenger. That is my burden as well because I will have to carry the messages. I will pay for the sin of my mother and you will pay for looking the other way when Tamilat abused my mother.”

   Iris held up a stone with an inscription on it. “I have received this message from our Creator. From now on the rainbow will appear when it rains while the sun is shining to remind you all of this bloody battle. Such a battle will never happen again. Those who had died, even Tamilat, will from now on be the guardians of the rainbow.”

   Iris put the stone down in front of her, then slowly walked away.

***

   Galedeus died during the battle. Ra Senior was wounded, but on his feet and as strong as ever. It was not his time.

   When the gods picked up the stone with the inscription on it, they read through it.

   What the gods did not know, was that Lilith made her own, extra inscription on the stone. Lilith needed peace in the sky and on the earth to seduce men. Men suffering from battle wounds or pneumonia due to the constant rain were no good to her. Amelia did not give her soul away to Lilith, but in the end Lilith also got what she wanted. Lilith used the power of uncertainty combined with a subtle warning to ensure the gods obey her whishes.

   The gods and goddesses did not know what powers the guardians received from the Creator, so they were careful not to obscure the sun and therefore make it impossible for Iris to appear with her rainbow.

   Ra Senior read out loud the last inscription on the stone.

   “The guardians of the rainbow don’t like those who get in the way of the sun.”

4 comments

13

Aug

Die laaste keer

Posted by Die Wolf  Published in Kortverhale
Die laaste keer

Die wind waai die sout uit die onstuimige see. Fyn druppels reën slaan teen die wasige ruite vas en loop in dun straaltjies teen die glas af. Buitekant pluk die wind aan ‘n stuk sinkplaat by die kampie waarin die boerbok bly. Die paraffienlamp gooi ‘n geel lig teen die wit mure. ‘n Mot dwaal tussen die dak en die lamp rond. Die wind waai onder die deur in en vul die huisie met ‘n ysige koue. Die lamp se beskermde glas is al swart gebrand aan die binnekant. Die paraffien lê laag onder in die houertjie.

Lena sit by die kombuistafel. Die hout van die ruwe blad voel grof onder haar hande. Sy wring haar vingers in mekaar en staar na die swart nag deur die dowwe ruit. Voor haar op die tafel staan die leë fles waarin sy gewoonlik haar geld bêre. Dis nou as daar iets ekstra is om weg te sit. Sy brei haar vingers stomp. Gewoonlik klak die breipenne saans en die bolle wol raak vinnig kleiner. Lena sug diep en staan op.

Sy maak die koolstoof oop en begin ‘n bondel droë hout daarin te pak. Sy frommel die voorblad van gister se koerant op en trek ‘n vuurhoutjie. Die papier raak aan die brand en gou begin die vlamme aan die hout te lek. Die hitte vul die kombuis. Lena vul die groot gietysterpot met water en plaas dit op die warm gedeelte van die stoof. Die lem van die mes waarmee sy die groente begin skil is al dun geslyp.

Lena voeg die gesnyde groente by die water en dan ‘n paar groot sopbene. Die pyn in haar linkersy knaag aan haar binneste en sy gaan sit weer op die stoel by die kombuistafel. Sy moes die sop eerder al opgesit het, maar besluit om dit net sowat twee ure te laat kook. Dan kan sy eet en die sop verder deur die nag op die warm plaat laat staan om stadig te prut. Sy sal net af en toe ‘n stukkie hout in die stoof steek.

Lena kyk weer na die leë fles en staar dan weer by die ruit uit. Sy dink aan haar man, Johnny. Haar man wat so verskriklik suip. Haar man wat die laaste geld uit die fles gevat het om drank te gaan koop. Hy sal seker netnou weer by die huis instrompel en dan sal sy weer deurloop onder sy tong en sy vuiste.

Lena krimp ineen toe sy hoor hoe die hekkie kraak. Sy kan hoor hoe swets Johnny onderlangs en dan kraak sy voete oor die gruis tot by die voordeur. Hy sukkel om die deur oop te sluit. Wanneer die deur oopswaai, warrel die nat, koue wind by die huis in. Die huis ratel toe Johnny die deur agter hom toeslaan. Hy slinger reguit kombuis toe.

Lena kan sommer dadelik sien Johnny is stukkend dronk. Hy is onvas op sy voete, sy oë is rooi en staan wild en styf in sy kop.

Johnny slinger na die kombuistafel toe. Hy haak af en slaan die leë fles eenkant toe. Die glas spat aan stukke teen die muur. “Jou teef! Jou fokken, teef!” skel hy op haar. “Jy wat altyd die bliksemse geld wegsteek vir my!”

Lena koes, maar Johnny se plathand tref haar teen die wang. Sy kan voel hoe die warm brandgevoel oor haar wang versprei. In haar mond kan sy die bloed proe waar die sagte vleis van haar mond stukkend gesny is teen haar tande.

Johnny mik om haar in die linkersy te slaan met die vuis. Sy skuif weg en sy vuis tref die harde hout van die tafelpoot. Johnny swets. “Eina, fok, jou poes!” Die vel oor sy kneukels is oopgekloof .

Hy gryp haar aan die hare en ruk haar kop agteroor. Die spiere in haar nek rek. Johnny se vuis tref haar vol op die ribbes. Sy voel hoe die asem uit haar longe geruk word. Die brandpyn skiet deur haar sy tot agter in haar rug. Sy ruik die drank aan sy asem. Die dagga wat hy gerook het laat ‘n skerp reuk in haar neus opslaan.

Johnny loop na die stoof toe terwyl Lena saggies snik. Hy lig die deksel van die pot af op en gooi dit eenkant toe.

Deur haar trane sien Lena die swaar pan met die dik koperboom wat langs die stoof teen die muur hang. Sy staan op. Sy ignoreer die pyn in haar lyf. Johnny staan met sy rug na haar toe. Sy haal die pan van die muur af en toe Johnny omkyk, swaai sy die pan met al haar krag. Daar is ‘n dowwe kraakgeluid toe die pan hom teen die kop tref. Sy skedel duik in en met die tweede hou laat die geweld waarmee die pan hom teen die kop tref, sy linkeroog by die oogkas uitval.

Johnny druk met sy hand op die vuurwarm plaat van die koolstoof en sak dan op die vloer neer sonder om ‘n geluid te maak. ‘n Plas donker bloed vorm onder sy kop en kruip stadig oor die vloer.

Lena begin ruk en bewe. Sy voel hoe sy naar word. Buitekant waai die wind sterker. Sy kan hoor hoe tref die branders die rotsbank.

Lena vat Johnny aan die arms en sleep hom by die huis uit, oor die gruis, oor die nat sand van die strand tot by die rotse. Die see maal en druis en kook. Sy sleep Johnny oor die rotse en toe die see terugtrek, gooi sy die lyk in die see in. Die water maal die lyk teen die rotse vas.

Lena proe die sout in haar mond wanneer sy terugloop huis toe. Die wind en reën wis al die spore uit.

Wanneer sy die deur agter haar toemaak, voel haar bene lam.

Twee dae later bring ‘n geregsdienaar die tyding. Hulle het die lyk van haar man gevind, uitgespoel by die baai en gevind deur ‘n vakansieganger wat vroegoggend gaan draf het. Die lyk is amper onherkenbaar. Lena gaan ken die lyk uit en bevestig dat dit Johnny is.

Die nuus versprei vinnig en die mense aanvaar dat Johnny dronk was en die see hom van die rotse af geslaan het.

Dit is vroeg-oggend toe Lena besig is om ontbyt te maak dat daar ‘n harde en dringende klop aan die deur is. Die reuk van gebakte eiers in die pan vul die huis.

Die speurder praat eers oor dit en dat voordat hy by die doel van sy besoek kom. Die lykskouing het aangedui dat Johnny se hand gebrand het kort voordat hy dood is.

“Hy was dronk. Vra sy vriende by wie hy gesuip het of hy daar gebrand het. “

Die speurder het net aan sy sigaret gesuig. “Ja, u man was bekend daarvoor dat hy te veel gedrink het. Wat sou hy in die nag op die rotse naby die see gaan doen het?”

Lena het die speurder nie geantwoord nie. Sy het net die pan van die stoof af gehaal en die eiers op dik snye witbrood geskep. Die speurder het koffie gedrink en is later daar weg. Sy instink het vir hom gesê dat Lena iets met haar man se dood te doen gehad het, maar hy kon nooit iets bewys nie.

Lena het na ‘n paar jaar weggetrek en niemand het weer van haar gehoor nie.

1 comment

19

May

Trane wat skitter

Posted by Die Wolf  Published in Kortverhale

Cortina

Dit was altyd baie maklik om te weet as Oom Danie Hiemstra oppad huis toe was.  Sy huis was suid van die dorp; uit met die grondpad wat agter die hotel verbyloop.  Die pad was steil want Oom Danie se huis was amper bo-op die koppie gebou.  Die oranje Ford Cortina bakkie se agterwiele het klippe en stof opgeskop en as jy eers die vaalbruin stofstreep sien, dan kon jy maar weet Oom Danie keer huiswaarts.  Oom Danie het nie daaraan geglo om stadig te ry nie. Die drieliter sessilinder-enjin van sy Cortina bakkie het diep en egalig gegrom wanneer Oom Danie die pad vat.

Oom Danie het ook ‘n blinkswart Mercedes gehad. ‘n 220 SE. Die Mercedes het net Sondae kerk toe en terug geloop.  Die Mercedes het Oom Danie stadig oor die klippe gery.  Na kerk het Oom Danie koffie gedrink wat die susters voorberei het en dan huiswaarts gekeer. Oom Danie het nooit ander draaie gery na kerk nie.

Oom Danie was ‘n motorwerktuigkundige.   Hy kon enige enjin of voertuig herstel en het met ywer gewerk. Oom Danie het nie omgegee as die klante staan en kyk terwyl hy ‘n vergasser herstel of ‘n stukkende uitlaatpyp lap nie. Hy sou eenvoudig net die gereedskap in jou hande druk, op die ou groen plastiekstoel gaan sit en vir jou verduidelik hoe om die werk te doen.

“Hou vas hierdie spanner. Kyk of jy die moer kan draai. Daardie een. Ja, draai hom los. Daarso. Jy kom mooi reg.”

Dan skuif Oom Danie al vêrder weg en jy staan en doen die werk volgens sy bevele wat hy daar vanaf die plastiekstoel af gee.

“Kind, ek het nou nie ‘n lugfilter in voorraad nie.  Die spares kom eers volgende week.  Kyk hier agter staan ‘n bak vol petrol. Spoel hom mooi uit en laat staan hom daar op die trappie in die son om droog te word.  Dan kyk ons maar.  Hierdie stofpaaie speel nie.  As ‘n enjin nie kan asemhaal nie, het hy geen krag nie.”

Oom Danie was ‘n alleenmens.  Hy het nie ‘n vrou gehad nie en ook geen kinders waarvan iemand geweet het nie.  Indien jy hom daaroor uitgevra het, het die blitse in sy oë jou gou laat verstaan jy is nou besig met dinge waaroor Oom Danie nie wil praat nie.

Daar het natuurlik baie gerugte ontstaan omdat Oom Danie so alleen gebly het sonder ‘n vrou.  Veral laataande in die hotel se kroeg.  Daar was ook ‘n gefluister dat Oom Danie nie in vrouens belangstel nie. Oom Danie was aantreklik met sy gawe gesig en gespierde arms, maar het geen aandag geslaan op die uitlokkende oujongnooiens en weduwees nie.

‘n Ander gerug het die rondte gedoen dat Oom Danie die huis op die koppie gebou het ,sodat hy baie vêr kan sien en ooptes om hom het, want hy was jare terug in die tronk en wil nooit weer vasgekeer voel nie.  Hy het twaalf maande gedoen vir ongeslypte diamante.  Dit was ook die tyd dat sy liefde hom verlaat het. Hierdie gerug het ontstaan nadat ‘n reisiger glo een aand vir Oom Danie in die hotel se kroeg herken het. ‘n Man wat jare terug ‘n sel met Oom Danie gedeel het.

Watter gerug ook al versprei was, dit kon nooit bevestig word nie, want daar was baie gepraat en groot stories het geloop as die brandewyn en bier gevloei het en die sigaretrook dik in die kroeg gehang het Saterdae-aande.

Oom Danie het ook gereeld in die kroeg gekuier.  Hy het die een Ohlson’s Lager na die ander afgesluk terwyl hy aan ‘n Camel Filter geteug het.  Later was Ohlson’s nie meer beskikbaar nie en het Oom Danie Amstel begin drink. Na ‘n lang aand in die kroeg het die Cortina se bande getol in die gruis as Oom Danie wegtrek.

Die Cortina het gereeld in die somermaande gekook wanneer die son die aarde flenters gebrand het.  Die mense het dit maar aan die swak bougehalte van Ford toegeskryf want hoe kan ‘n werktuigkundige se bakkie dan probleme gee? Van die mense het beweer dat die bakkie eintlik ‘n 1.6 liter was en dat Oom Danie self die drieliter V6 in die bakkie gesit het.  Die ingenieur van die myn het te vertelle gehad dat die verkoeler te klein was vir die groot enjin. Die drieliter Cortina wat op die gronde van die myn gebruik was, het nooit oorverhit of gekook nie omdat dit ‘n oorspronklike drieliter was. Uit die boks. Die ingenieur was in elk geval ‘n verwaande vent so niemand het na sy verduidelikings geluister nie. Daar was ook die warmste somerdae wat die bakkie nie gekook het nie. Die nukke van ‘n enjin is maar meestal onverstaanbaar.

Die klerk in die bank het Oom Danie op die plastiekstoel in die werkswinkel gekry. Die klerk se Corolla was netjies gediens en buitekant geparkeer. Die faktuur sigbaar op die lessenaar. Oom Danie het gelyk asof hy slaap. Daar was ‘n vreedsame uitdrukking op sy gesig en sy hande was inmekaar gevou op sy skoot.  Dokter Verwey het bevestig dat Oom Danie ‘n fatale hartaanval gehad het en dat hy waarskynlik gesterf het terwyl hy op die stoel gesit en slaap het.

Die jong prokureur op die dorp, Bredenkamp, het verward gepik toe hy die boedel van Oom Danie Hiemstra moes afhandel.  Oom Danie het ‘n begrafnispolis gehad en Bredenkamp het die reëlings ook getref.  Daar was baie mense by Oom Danie se begrafnis.  Dominee het mooi gepreek en die susters  het gesorg vir tee en eetgoed in die kerksaal.

Die stofpad teen die koppie uit was stil.  Mense het kopgekrap oor die uitlaatpyp wat stukkend is, die vergasser wat verstop het, die ratkas wat probleme gee of die enjin wat net swaai en swaai totdat die battery pap is maar nie aan die gang wil kom nie.

‘n Week na die begrafnis het Bredenkamp die testament voorgelees.  Daniël Stefanus Hiemstra se huis en al sy kontant gaan aan ‘n weeshuis in die stad.  Sy onderneming moet verkoop word en die opbrengs moet geskenk word aan ‘n tehuis vir ongehude moeders en die strandhuis in die Kaap moet ook verkoop word en die opbrengs aan die tehuis geskenk word.  Niemand het geweet van die strandhuis nie.  Die mense het nog minder verwag dat Hakiku Higaonna, die Sjinese meidjie wat huise skoonmaak na skool, die Ford Cortina bakkie sou erf.

Hakiku kon nie bestuur nie en dit was ongehoord dat ‘n nie-blanke in die testament ingesluit was.  In elk geval was Hakiku maar sestien jaar oud. Wat sou sy met die bakkie maak? Jong manne het aan die grens gesterf.  Die gevaar van kommunisme het volgens die lede van die regerende party soos ‘n donker wolk oor Suid-Afrika gehang.  Hoekom moes die meid uit ‘n blanke Afrikaner se boedel erf?

Die dorp het gegons.  Die stories het weer geloop. Was Oom Danie in werklikheid ‘n kommunis? ‘n Ondersteuner van Rooi Sjina?

Die wet was die wet en niemand kon juis of wou die geldigheid van Oom Danie se testament betwis nie.  Bredenkamp het vir Hakiku gaan haal en haar agter in sy motor laat sit.  Hy het aan haar in sy kantoor verduidelik dat die Cortina bakkie nou aan haar behoort en aangebied om die voertuig namens haar van die hand te sit.  Dan sal hy met die bankbestuurder praat sodat sy ‘n rekening met die geld kan oopmaak.

Hakiku het net geglimlag en gesê haar neef het ‘n lisensie en sal die bakkie terugry na die huisie waar sy en haar ma bly.  Sy moet eers gaan dink en wil die bakkie ten minste vir ‘n week hou. Dan sal sy Bredenkamp weer kontak.

Bredenkamp het die papierwerk afgehandel en die aaklige skandaal wat oor die dorpie gekom het, het gaandeweg minder momentum gehad en later het niemand meer van die meid wat die bakkie geërf het, gepraat nie.

‘n Week het verbygegaan sedert Hakiku die bakkie ontvang het. Twee. Drie. Na meer as ‘n maand het Hakiku by Bredenkamp se kantoor opgedaag en hom meegedeel  hy die bakkie maar kan verkoop. Sy is te jonk om te bestuur, haar ma is stel nie belang om te leer nie en haar neef is terug stad toe. Bredenkamp het ‘n belaglike hoë kommissie gevra en die bakkie van die hand gesit.

In die tyd wat die bakkie by Hakiku en haar ma se huisie gestaan het, het Yoshiho, Hakiku se ma, haar dogter vertel waar om die diamante te vind.  Die diamante wat haar pa in die verkoeler versteek het.  Meer as R2 miljoen se skitterende stene.

Hakiku het verstaan waarom die bakkie van ‘n werktuigkundige gekook het in die somer en party dae nie. Die stene wat in ‘n staal teesiffie toegedraai was, het op party dae die vloei van die water deur die hoofpyp van die verkoeler gedeeltelik blokkeer en ander dae wanneer haar pa nie diamante gesmokkel het nie, het die water sonder ‘n hindernis gevloei om die enjin af te koel. Die waterpomp het selde die water sonder moeite deur die verkoeler gepomp.

Wanneer die bakkie gekook het en Oom Danie al swetsende die verkoeler se warm prop met sy sakdoek afgedraai het, kon hy sommer ook seker maak die dun vlekvryestaal draadjie waaraan die sakkie diamante hang wat hy deur die opening laat sak het, is nog stewig om die skroefdraad vas.  Hou wou darem nie dat die klippies in die dunner pypies van die verkoeler verdwyn en hulle verstop nie. ‘n Werktuigkundige laat nie sy bakkie se enjin vasbrand nie. ‘n Diamantsmokkelaar verloor nie die stene nie. ‘n Diamantsmokkelaar praat ook nie, al drink hy hoe baie biere in die kroeg.

Hakiku het die diamante verkoop aan die persoon volgens die instruksies wat Oom Danie vir Yoshiho gegee het. R2,3 miljoen se stene.  Die dag toe die wet op gemengde huwelike afgeskaf is, het Yoshiho se trane saam met die diamant in die hangertjie om haar nek geskitter in die laatmiddag son by Oom Danie se graf.

3 comments

Asmallorange

Categories

  • Algemeen
  • Fotos
  • Kortverhale
  • Legkaarte
  • Vonkende Breinselle

Archives

  • September 2008
  • August 2008
  • July 2008
  • June 2008
  • May 2008
  • April 2008

Recent Posts

  • Eish, nou wat nou?
  • Google Chrome
  • Legkaart - Appels
  • Goeie nuus en slegste nuus
  • ‘n Vurk in die suikerpot
  • ‘n Graaf, ‘n pik en ‘n tikkie geluk.
  • Lentedag
  • The messenger of the gods.
  • Leaves’s Eyes - Ocean’s Way (300)
  • Die laaste keer

Meta

  • Log in
  • Entries RSS
  • Comments RSS
  • WordPress.org

Kommentaar

  • Pikkelik on Eish, nou wat nou?
  • Pikkelik on Eish, nou wat nou?
  • sonkind on Eish, nou wat nou?
  • maxie on Goeie nuus en slegste nuus
  • Roer on Eish, nou wat nou?
  • rosalind franklin on Goeie nuus en slegste nuus
  • Wipneus on Eish, nou wat nou?
  • Jasper on Eish, nou wat nou?
  • Netjane on Eish, nou wat nou?
  • Meermin on Eish, nou wat nou?

Blogroll

  • Die Gestorwe Soldaat
  • Gert Gariep
  • NetJane se blog
  • Pikkelik Se Blik
  • Rosalind Franklin
  • Sonkind
  • Woestynsand Tussen My Tone
  • Wosonki

Recent Entries

  • Eish, nou wat nou?
  • Google Chrome
  • Legkaart - Appels
  • Goeie nuus en slegste nuus
  • ‘n Vurk in die suikerpot
  • ‘n Graaf, ‘n pik en ‘n tikkie geluk.
  • Lentedag
  • The messenger of the gods.
  • Leaves’s Eyes - Ocean’s Way (300)
  • Die laaste keer

Recent Comments

  • Pikkelik in Eish, nou wat nou?
  • Pikkelik in Eish, nou wat nou?
  • sonkind in Eish, nou wat nou?
  • maxie in Goeie nuus en slegste nuus
  • Roer in Eish, nou wat nou?
  • rosalind franklin in Goeie nuus en slegste nuus
  • Wipneus in Eish, nou wat nou?
  • Jasper in Eish, nou wat nou?
  • Netjane in Eish, nou wat nou?
  • Meermin in Eish, nou wat nou?
© 2008 Die Wolf Se Snuffelblog is proudly powered by WordPress
Theme designed by Roam2Rome