Die dorpie in Mpumalanga. Ek het verlede week besluit om bietjie te gaan kyk hoe lyk dit daar en het die afgelope naweek sommer so gemaak. Ek en Liefie het Saterdag-oggend vroeg in die pad geval.
Roodepoort, Springs, Devon, Leandra, Kinross, Trichardt (Daar was ‘n stalletjie in die hoofstraat waar wors gebraai word en boeries verkoop word. Heerlike ontbyt gewees.), Bethal, Ermelo (die pad daardeur is nogal deurmekaar maar ons sien toe sommer die woonbuurte ook) en dan met die R65 tot in Amsterdam. Die pad was heel goed gewees en nogal stil.
Glen Oak Lodge
Die plek waar ons oorgeslaap het. Daar is selfs ‘n plekkie waar troudienste gehou kan word. Die chef maak baie lekker kos. Die tuine is pragtig, selfs in die winter.
Kliek op die fotos om ‘n effens groter weergawe te sien. Ek het die fotos maar baie kleiner gemaak sodat die inskrywing korter as ‘n ewigheid neem om te laai.
Die hoofstraat in Amsterdam was besig. Dit was die einde van die maand en die besighede het fluks sake gedoen. Veral die drankwinkels.
‘n Kalkoen wat in die tuin rondloop.
Die kroeg.
Hier het ons later die middag en na aandete lekker gekuier.
Wanneer ons ‘n plek besoek, maak ons gewoonlik ook ‘n draai by ‘n slaghuis om die plaaslike biltong te proe en sommer net te gesels. Hierdie slaghuis was alreeds toe. 
Ons het die omgewing dus maar gaan verken sonder ‘n pakkie biltong.
Daar is baie plantasies in die omgewing. 
Ons het lekker rustig en stadig gery om die omgewing te verken, en ook maar goed so want plaasdiere in die pad was algemeen.
Die kronkelpad wat na Piet Retief toe loop. 
Ek neem maar aan hierdie toring word gebruik om te kyk vir brande.
Tyd om ‘n koue koeldrank te koop.
Ghobosh Trading en Crane Feeds.
Ghobosh Trading. Ek het gesien buitekant Amsterdam is daar ook ‘n riviertjie met die naam “Ghobosh”.
Die Jericho dam is naby Amsterdam.
Ons het lekker geëet, gekuier en geslaap by Glen Oak Lodge. Amsterdam is ‘n klein plekkie, maar bied baie om te sien. Die groen plantasies is ‘n welkome afwisseling vir die droë en vaal grasvelde van die winter. Ons sal Amsterdam beslis weer besoek.
















Related Articles
9 users responded in this post
My oudste is in Trichardt gebore.
Dit is baie goeie fotos van die plantasie. Ek is mal daaroor want toe ek in st4/5 was het ons in Bosbokrand gebly waar ons omtrent elke middag in die plantasies gespeel het.
Ek is sprakeloos!!!! Tot ‘n foto van ons winkel, ek buig laag, dankie dit was nou lekker om ons ou dorpie uit ‘n ander oogpunt te sien!
Pragtige plekkie ek gaan ook binnekort soontoe om vir my vriendin te gaan kuier. Kan nie wag nie.
Ek wou nog vertel, daardie foto waar die bees oor die pad loop, aan die linkerkant daarvan, (daardie swart skadunet,) is Nugro Seedlings, die besigheid is aan die begin van die jaar deur die eienaars, Pat en Jorina Nunan oorgegee aan hulle werkers. BEE. Dit gaan uitstekend met die kwekery, hulle verskaf dennebome aan die maatskappye in die omgewing.
Ek is mal oor sulke kafees, mens kry dit net op sulke klein plekkies. Kafees soos wat mens gekry het toe ek klein was … Ag lekker. Met regte toffies in en toasted cheese.
Ek wou mos se^ dis Pikkie se we^reld daai.
Het eens op ‘n tyd (many many moons ago) ‘n lyntjie gaan natmaak by die Jericho dam en toe my bakkie op pad terug plaas toe in die rivier verdrink (voggies van die druif maak ‘n jong man mos baie braaf)
Dis lekker om van plekke te lees waar ‘n mens laaank terug rond gestap het. Dit lyk nou so anders op jou foto’s..
[...] So ek nooi julle om na Die Wolf se inskrywing van Amsterdam te gaan kyk. Geniet dit en lees sommer bietjie meer van my Amdam. [...]
Dankie vir die kykie na Amsterdam. Mooi foto’s van die plantasies en dorpie!
Leave A Reply